A letter in Die Burger of 5 November by a grade 10 pupil at D F Malherbe High School, appealing for book donations, prompted me to donate my 25 volumes of the 1992 edition of World Book.
Debre Scheepers visited Walmer High School with food donations during the Walmer Townwhip unrest and popped in to look at the library. The lack of books at the school made her write to the editor of DB and to her surprise she not only had book donors phoning her but also received money in the weekly readers' letter prize.
Debre with 2 volumes containing the dictionary
This morning Debre's grandmother Breggie brought her to the Verandah to collect the 25 volumes of the 1992 edition. Debre is an ardent reader and a gifted poet. (read PE Express article below)
Saying bye to World Book and Hi! to Google
PE Express 23 Nov 2011
Sy het aanvanklik gedink om vir ’n kompetisie in te skryf is dalk nie so ’n goeie idee nie, maar noudat sy gehoor het drie van haar gedigte gaan in die digbundel Stemme/Voices in die middel van vandeesmaand aanlyn gepubliseer word, glimlag Debré Scheepers (16) van Humewood in die Baai nogal breed.
Debré, ’n gr.9-leerder aan die Hoërskool D.F. Malherbe het onlangs die goeie nuus ontvang.
“Die uitgewers, E-uitgewers, het my ma per e-pos in kennis gestel dat hulle my gedigte wil publiseer.
“Ek is die jongste van die twintig digters wat ingeskryf het en ook die enigste skolier,” het Debré opgewonde gesê.
Sy het gesê dit is danksy een van haar vriende dat sy van die kompetisie verneem het.
“My vriend het die kompetisie op die sosiale netwerk Facebook raakgeloop en my daarvan vertel. Sy het daarop aangedring dat ek my werk vir hulle moet aanstuur,” het Debré,wat graag gedigte oor haar eie ervarings skryf, gesê.
“Ek het drie van my gunstelinggedigte ingestuur, waaronder een ’n tipe Afrikaans slengtaal is, met die titel My Tsotsi love poem.
Maar dit sal nie die eerste keer wees dat Debré se gedigte gepubliseer word nie.
Een van haar ander gedigte is vanjaar in die Engelse tienertydskrif Teenzone gepubliseer.
“Ek was in ekstase en het amper die dak van ons huis van blydskap afgeskree!” het sy gesê.
Debré is nie verniet so ’n goeie digter nie, sy is ook ’n boekwurm en on dit te bewys, pryk ’n goue balkie op haar linkerbors wat sê: “Biblioteekprefek.”
Debre Scheepers of Humewood with two
volumes of the World BookDebre